Wes-Transvaal
ʼn Skurwe huisie uit die ysterklip gekerf,
ʼn Slaap draadheining. Op die stoep lê rond
ʼn Vark, vier hoenders en ʼn kafferhond,
ʼn Stowwerige kind kruip oor die werf.
Die baas leun lustloos teen die skewe hek.
Sy kin gestut op hande ru soos grond.
Sy oë sag en glansloos, stroef sy mond.
(…)